Proxima Centauri

Proxima Centauri
'n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop wat in 2013 geneem is.
'n Foto deur die Hubble-ruimteteleskoop wat in 2013 geneem is.
Sterrebeeld Sentour
Spektraaltipe M5.5Ve[1]
Soort Rooidwerg
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 14h 29m 42.94853s[2]
Deklinasie -62° 40′ 46.1631″[2]
Skynmagnitude (m) 10,43 - 11,11[3]
Absolute magnitude (M) 15,60[4]
B-V-kleurindeks  1,82
U-B-kleurindeks  1,26
Besonderhede
Massa (M) 0,1221±0,0022[5]
Radius (R) 0,1542±0,0045[5]
Ligsterkte (L) 0,00005
Ouderdom (jaar) 4,85 miljard[6]
Temperatuur (K) 3 042±117[7]
Afstand (ligjaar) 4,2465
Metaalinhoud [Fe/H] 0,21[8][9]
Eienskappe
Veranderlikheid UV Cet + BY Dra[3]
Ander name
Centauri C, Alpha Centauri C, V645 Centauri, GJ 551, HIP 70890, CCDM J14396-6050C, LFT 1110, LHS 49, LPM 526, LTT 5721, NLTT 37460[10]
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Proxima Centauri is 'n klein ster sowat 4,2465 ligjare van die Son af in die suidelike sterrebeeld Sentour. Sy Latynse naam beteken "die naaste ster van Sentour". Dit is in 1915 deur Robert Innes in Suid-Afrika ontdek en is die naaste ster aan die Son. Met 'n skynbare magnitude van 11,13 as dit nie opvlam nie, is dit te dof om met die blote oog te sien. Proxima Centauri is as Alpha Centauri C lid van die Alpha Centauri-sterstelsel, en lê 2,18° suidwes van die Alpha Centauri AB-paar. Dit is tans 12 950 AE (0,2 ligjare) van AB af en wentel een keer in 550 000 jaar om dié sterre.

Proxima Centauri is 'n rooidwergster met 'n massa van omtrent 12,5% van die Son s'n (sonmassa), en 'n gemiddelde digtheid van sowat 33 keer dié van die Son. Omdat Proxima Centauri so naby aan die Aarde is, kan sy hoekdeursnee regstreeks gemeet word: Dit is sowat 'n sewende (14%) van die Son s'n. Hoewel dit 'n baie lae gemiddelde ligsterkte het, is Proxima Centauri 'n opvlamster wat lukraak drastiese toenames in helderheid ondervind vanweë magnetiese aktiwiteit. Die ster se magneetveld word geskep deur konveksie deur die hele ster. Die opvlamaktiwiteit wat daardeur veroorsaak word, wek 'n algehele X-straalemissie op wat ooreenstem met die Son se uitstraling. Die interne vermenging van sy brandstof deur konveksie deur sy kern en Proxima se relatief lae energieopwekkingstempo beteken dit sal vir nog 4 biljoen jaar 'n hoofreeksster bly.

Proxima Centauri het drie bekende eksoplanete: b, c en d. Proxima Centauri b se wentelbaan is rofweg 0,05 AE van die ster af, met 'n wentelperiode van omtrent 11,2 aarddae. Sy geraamde massa is minstens 1,17 keer dié van die Aarde.[11] Die planeet is in die ster se bewoonbare sone, waar die temperatuur reg is sodat vloeibare water op sy oppervlak kan voorkom. Omdat Proxima Centauri 'n rooidwerg en 'n opvlamster is, is daar egter twyfel oor die bewoonbaarheid van die planeet. Proxima Centauri c is 'n kandidaat-Superaarde en wentel sowat 1,5 AE van die planeet af, met 'n wentelperiode van 1 900 dae (5,2 jaar).[12][13] Proxima Centauri d is 'n Subaarde wat rofweg elke 5,1 dae sowat 0,029 AE van die ster af om hom wentel.[13]

  1. Bessell, M. S. (1991). "The late-M dwarfs". The Astronomical Journal. 101: 662. Bibcode:1991AJ....101..662B. doi:10.1086/115714.
  2. 2,0 2,1 Van Leeuwen, F. (2007). "Validation of the new Hipparcos reduction". Astronomy and Astrophysics. 474 (2): 653–664. arXiv:0708.1752. Bibcode:2007A&A...474..653V. doi:10.1051/0004-6361:20078357. S2CID 18759600.
  3. 3,0 3,1 Samus', N. N; Kazarovets, E. V; Durlevich, O. V; Kireeva, N. N; Pastukhova, E. N (2017). "General catalogue of variable stars". Astronomy Reports. GCVS 5.1. 61 (1): 80. Bibcode:2017ARep...61...80S. doi:10.1134/S1063772917010085. S2CID 125853869.
  4. Benedict, G. Fritz; Chappell, D. W.; Nelan, E.; Jefferys, W. H.; Van Altena, W.; Lee, J.; Cornell, D.; Shelus, P. J. (1999). "Interferometric astrometry of Proxima Centauri and Barnard's Star using Hubble Space Telescope fine guidance sensor 3: detection limits for substellar companions". The Astronomical Journal. 118 (2): 1086–1100. arXiv:astro-ph/9905318. Bibcode:1999AJ....118.1086B. doi:10.1086/300975. S2CID 18099356.
  5. 5,0 5,1 Kervella, P.; Thévenin, F.; Lovis, C. (2017). "Proxima's orbit around α Centauri". Astronomy & Astrophysics. 598: L7. arXiv:1611.03495. Bibcode:2017A&A...598L...7K. doi:10.1051/0004-6361/201629930. ISSN 0004-6361. S2CID 50867264.
  6. Kervella, Pierre; Thevenin, Frederic (15 Maart 2003). "A family portrait of the Alpha Centauri system: VLT interferometer studies the nearest stars". European Southern Observatory. Besoek op 10 Mei 2016.
  7. Ségransan, Damien; Kervella, Pierre; Forveille, Thierry; Queloz, Didier (2003). "First radius measurements of very low mass stars with the VLTI". Astronomy and Astrophysics. 397 (3): L5–L8. arXiv:astro-ph/0211647. Bibcode:2003A&A...397L...5S. doi:10.1051/0004-6361:20021714. S2CID 10748478.
  8. Schlaufman, K. C.; Laughlin, G. (September 2010). "A". Astronomy and Astrophysics. 519: A105. arXiv:1006.2850. Bibcode:2010A&A...519A.105S. doi:10.1051/0004-6361/201015016. S2CID 119260592.
  9. Feng, F.; Jones, H. R. A. (Januarie 2018). "Was Proxima captured by Alpha Centauri A and B?". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society. 473 (3): 3185−3189. arXiv:1709.03560. Bibcode:2018MNRAS.473.3185F. doi:10.1093/mnras/stx2576. S2CID 55711316.
  10. Proxima Centauri by Simbad
  11. Suárez Mascareño, A.; Faria, J. P.; Figueira, P.; Lovis, C.; Damasso, M.; González Hernández, J. I.; Rebolo, R.; Cristiano, S. (2020). "Revisiting Proxima with ESPRESSO". Astronomy & Astrophysics. 639: A77. arXiv:2005.12114. Bibcode:2020A&A...639A..77S. doi:10.1051/0004-6361/202037745. ISSN 0004-6361.
  12. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named BenedictMcArthur2020
  13. 13,0 13,1 Faria, J. P.; Suárez Mascareño, A.; Figueira, P.; Silva, A. M.; Damasso, M.; Demangeon, O.; Pepe, F.; Santos, N. C. (2022). "A candidate short-period sub-Earth orbiting Proxima Centauri" (PDF). Astronomy & Astrophysics. EDP Sciences. 658: A115. arXiv:2202.05188. Bibcode:2022A&A...658A.115F. doi:10.1051/0004-6361/202142337.

Developed by StudentB